Hoe word Alpha-wiskunde aangebied? How is Alpha mathematics presented?
For English, please see below.
Die vak word buite skoolure aangebied en leerlinge vergoed die onderwyser wat dit aanbied.
Klasse begin normaalweg in Graad 10 met een klas van 'n uur per week as norm.
Gedurende Graad 11 en 12 is die lengte van klasse minstens 1½ uur per week.
Daar is huidig ook graad 8 en 9 leerlinge. Hier word daar gekonsentreer op probleem oplossings tegnieke.
Aaneenlopende assessering in die vorm van toetse en eksamens word deur die loop die jaar gedoen. Met die uitsondering van die graad 12-eindeksamen is die betrokke onderwysers self hiervoor verantwoordelik.
Aan die einde van Graad 12 word 'n gemeenskaplike vraestel geskryf. Die bestuur van Alpha Wiskunde neem verantwoordelikheid vir die opstel en moderering van hierdie vraestel. Antwoordstelle word deur 'n span, aangestel deur die bestuur, nagesien. Sertifikate word uitgereik ooreenkomstig uitslae en kan deel vorm van 'n kandidaat se CV.
Daar is handboeke beskikbaar vir die leerlinge wat die vak wil neem.
Rika Grobler, 074 117 0125 hanteer die handboeke.
The subject is presented outside school hours and pupils compensate the teacher who offers it.
Classes usually start in Grade 10 with one class of an hour per week as the norm.
During Grades 11 and 12, the length of classes is at least 1½ hours per week.
There are also Grade 8 and 9 pupils. Here we focus on problem solving techniques.
Continuous assessment in the form of tests and exams is done throughout the year. With the exception of the Grade 12 final examination, the relevant teachers themselves are responsible for this.
At the end of Grade 12 a common paper is written. The management of Alpha Mathematics takes responsibility for the drafting and moderation of this paper. Answers are markedby a team appointed by management. Certificates are issued in accordance with results and may form part of a candidate's CV.
There are textbooks available for the pupils who want to take the subject.
Rika Grobler, 074 117 0125 handles the textbooks.
